Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for Landbouweekblad by Media 24 Ltd - Wait list

Landbouweekblad

Jun 15 2023
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

In ’n blik

Stories wat in die landbou saak maak

DIE ANDER SÊ

syfers

Stof tot nadenke

‘Ek wil KWV laat groei’ • Ná sy voorganger se vertrek, het John Loomes die KWV se leisels vroeër as verwag oorgeneem. Hy is ‘n uiters ervare sakeman wat hom beywer vir bestendige, boervriendelike beleid.

Die tyd vir mense voorskryf, is verby

Briewe

Nuwe hoop vir meesterplan

Beurtkrag dwing kosproduksie só in ’n afwaartse spiraal • Namate Suid-Afrika se kragnetwerk al hoe swakker raak, styg die koste van voedselproduksie ál meer. Leiersfigure waarsku toenemend hieroor, asook ’n moontlikheid dat daar minder produkte op winkelrakke gaan wees. Boere staan midde-in dié spiraal.

OBP ‘hou ons vir die gek’ • Klaarblyklik verstaan Onderstepoort Biologiese Produkte nie die erns van Suid-Afrika se voortslepende dieregesondheidskrisis nie.

‘Probleme? Watter probleme?’ • Ná maande van kritiek en berigte oor verwoestende entstoftekorte het Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) joernaliste genooi na ’n mediakonferensie en -toer van die instelling.

Baie myle lê tussen frack en sê • Die ANC-regering is vasberade om skaliegasontginning in die Karoo ’n werklikheid te maak, maar daar is uiteenlopende skattings oor die omvang van teenwoordige reserwes en of dit ontginbaar is.

Talle padblokkades wag vir skaliegasontginning

Genoeg kos, maar te veel lee mae in SA • Vroeg in Mei het die prys van ’n mandjie goedkoop, voedsame kos vir die eerste keer dié van die nasionale minimum loon oorskry. Met ‘n verswakkende rand en beurtkrag gaan dit ook só bly, skryf ‘n beleggingsontleder. Dit sal honger verdiep, al is daar genoeg kos.

Buiten om te boer, help boere ook om Suid-Afrikaner se mae vol te hou

Kwaai daalsiklus maak ook die landbou seer • Suid-Afrika se makro-ekonomiese vooruitsigte is nie goed nie en die landbou gaan nie die probleme kan systap nie. Verbruikers se besteebare inkomste gaan daal en dit gaan die vraag na landbouprodukte knou.

OVK verstaan hoe om afgeleë boere te bedien • Omdat die OVK-handelstak dikwels die enigste noemenswaardige besigheid op dorpies is, lewer dié maatskappy ’n bydrae om plattelandse gemeenskappe aan die gang te hou.

Termiete se ‘feetjiesirkels’ toe ook goeie weiding!

Europese appelkultivar laat boere regop sit

Kan nanotegnologie blaarskroei by mielies troef?

In diens van boere, vir boere • In ’n eerste stap in die georganiseerde landbou in Suid-Afrika het Agri Oos-Kaap einde 2020 ’n doelgerigte bestuurspan aangestel. Met die regte boere- (én vegtersinstink) vir dié pos is die Alexandria-beesboer Brent McNamara tot uitvoerende hoof verkies. Hy gesels oor nuwe planne, soos ’n sekuriteitsbeheerkamer, ’n naspeurbaarheidstelsel en paaieforums.

Droogte wíl nie wyk in die weste • Namakwaland en groot dele van die Boesmanland is nog baie droog, terwyl dele van die westelike Karoo wéér droog is.

Kry kenner se raad oor beleggings • Beleggingsvooroordele het ’n groot impak op hoe ons ons geldsake bestuur. In die onstuimige en deurmekaar tye wat ons tans beleef, is die impak soveel groter. Die twee reaksies wat ek die meeste sien, is ‘vlug na veilige beleggings’ of ‘hou wat jy het, ongeag hoe sleg dit vaar’. Ongelukkig is albei dié strategieë tans onvanpas.

Reusesprong na vrugtepresisie • Vir graanboere is ’n presisiebenadering al tweede natuur, maar die vrugteboer Gerhard van Deventer moes ’n lang pad stap – en talle aanpassings en ombouings...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans